Boererate – AAMBEIE

AAMBEIE… Hier is ‘n paar wat ek kon opspoor

 

  • Neem ‘n paar blare hotnotsvye…kneus dit en sit dit op die aambeie.

 

  • 6 pakkies rhubarberpoeier
    6 pakkies salpeter
    1 pakkie epsomsout
    2 bottels water.
    Kook alles saam tot 1 bottel oorbly. Drink 1 dessertlepel vol.

 

  • As jy kwaai ly aan #aambeie wat baie pyn en brand dan moet jy 1 lepel roumelk of roubies neem en 80 druppels harlemensies daarop drup en dit drink en so bietjie gaan le. As jy daarby hardlywig is dan moet jy saans as jy gaan slaap 1 dessertlepel bitter cascara drink. Indien nodig drink die volgende dag 7 druppels daarvan voor elke ete.

 

  • Eet baie rosyntjies…dit is goed vir iemand wat aan aambeie ly.

 

  • Fars botter en die geel van die yer deurmakaar gebraai in ‘n pan en deur ‘n doek gedruk, om mee te smeer.

 

  • Kattekruie op brandewyn getrek en saans ‘n sopie drink is hylsaam goed vir inwendige ambei, viral as dit di maag kwel, haarlemmeroli is ook goed vir die lewer.

 

  • Maak ‘n salf van ‘n koekie blousel en ‘n botteltjie vaseline en smeer aan.

 

  • Maal ‘n stukkie harpuis…die soort wat hulle gebruik om viool mee te speel en alyn saam. Sodra dit fyn is en goed gemeng is dan sit jy so ‘n mespunt vol op jou tong en sluk weg met water. Doen dit 2 keer per week en die aambeie sal verdwyn.

 

  • Meng 1 blikkie stroop….1 teelepel blomswawel en 1 pakkie kremetart baie goed saam. Meng baie goed en eet 3 maal per dag 1 eetlepelvol.

 

  • Meng 2 eetlepels rabarber…2 eetlepels suiker…2 eetlepel engelse sout…en 1 botteltjie groenamara en voeg by 1 bottel brandewyn. Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol.

 

  • Meng deurmekaar 1 blikkie versoete kondensemelk…1 botteltjieharlemensies en 1 botteltjie balsemsulfuris. Maak seker dat dit baie goed gemeng is. Gebruik 1 teelepelvol op jou nugtermaag en dan weer 1 teelepelvol saans voor bedtyd.

 

  • Nadat jy gebad of gestort het…droog heel eerste jou hande goed af sodat dit so droog moontlik is. Droog daarna die res van jou lyf af. Die aambeie verdwyn vinnig…en nadat dit verdwyn het…moet jy hierdie ritueel aanhou doen…veral as jy nogal baie sukkel met aambeie. Probeer om dit ‘n gewoonte te maak om jouself so af te droog. As hierdie ritueel gelowig gevolg word sal jy nooit weer probleme met aambeie hê nie.

 

  • Neem 1 bottel klapperolie..nie te groot nie…2 Vitalis poeiers…en 2 Solaris poeiers en meng baie goed…maak die klapperolie effens warm sodat dit makliker meng. Drink elke aand 1 teelepelvol.

 

  • Neem 1 bottel suiwer gliserien en 1 bottel olyfolie en meng baie goed. Drink elke aand 1 dessertlepelvol.

 

  • Neem groenamara blare en sit in glas of erdekastrol en gooi 1 bottel kookwater daaroor. Laat goed trek tot donkergroen en suig dan deur en gooi die water in ‘n bottel en voeg 1 klein botteltjie lewensessens by en skud die bottel goed om te meng. Drink elke more op jou nugtermaag ‘n goeie mondvol. Dit is ‘n lakseermiddel…maar as dit te kwaai werk moet jy net die dosis verklein.

 

  • Neem so 1 of 2 maal per dag ‘n mespunt salpeter in 1 eetlepel melk.

 

  • Sit 10 druppels swawelbalsem in melk en drink 3 keer per dag….dit werk gou en dan is die aambeie iets van die verlede.

 

  • Sit kattekruid in brandewyn en laat goed trek. Drink elke aand ‘n kelkievol.

 

  • Soggens as jy was maak seker dat jy eers jou hande en dan jou gesig afdroog.

 

  • Trek 1 eetlepel koljander in kookwater en drink soos tee 3 maal per dag na etes ‘n kelkievol.

 

  • Trek rabarberbas in kookwater en dan kan jy 2 of 3 maal per dag daarvan drink.

 

  • Trek tiemie soos tee en drink soggens en saans ‘n wynkelkievol.
    Maak seker dat jy baie groente eet…en gaan stap elke dag vir so ‘n half-uur.

 

  • Vat 4 pakkies engelse sout…1 pakkie kremetart…1 botteltjie rooi poeier en 2 eetlepels suiker en meng goed deurmekaar. Sit ‘n houer met skroefdeksel and maak dig toe. Sit elke oggend op jou nugtermaag ‘n mespuntvol op jou tong en sluk weg met water.

 

  • Vir aambeie moet mens diep in die brandewynbottel….waarby ‘n knertsie kattekruid gevoeg is… kyk… of jy kan ‘n bietjie aansmeer as jy wil.

 

  • Voeg 5 druppels skoonteer op 1 eetlepel melk en drink dit elke aand met slapenstyd.

hemorrhoids

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s